Aussies vang sewe vermeende terroriste

z-530Die polisie in Australië  het ’n “terroristekomplot” verydel wat bedoel was om verskillende aanvalle uit te voer op Kersdag.

Die aanvalle was beplan om in Melbourne uitgevoer te word op verskillende plekke, maar is betyds gefnuik deur die skerp optrede van die polisie.

Minstens sewe terroriste is in hegtenis geneem voor Kersdag nadat ’n reeks klopjagte Donderdag en Vrydag uitgevoer is.

Die polisie van die staat Victoria, wat uit ’n mag van sowat 400 swaar gewapende beamptes bestaan het, was deurlopend besig om woonhuise te besoek en te deursoek in veral die noordelike deel van die stad.

Bekende besoekpunte deur die stad se inwoners was geteiken deur die terroriste, en die vermoede bestaan dat nog meer uitlanders by die plan betrokke is, maar die polisie gaan voort met hulle soektog.

Volgens ’n polisiewoordvoerder was die stadion in Flinderstraat, en die St Paul Katedraal is ook geteiken omdat dit gewilde besoekpunte van toeriste is.

Die Australiese eerste minister, Malcolm Turnbull, het gesê die beplande komplot is waarskynlik die belangrikste oogmerk van die terroriste gewees wat nog ooit vir die land beplan was.

Foto – Premier Malcolm Turnbull