Anthurium plante

anthuriumsAnthuriums is van die mooiste plante wat ons ken. Hulle is ‘n genus van omtrent 1000 spesies van blommende plante in die arumlelie familie en hulle is almal familie in die Araceae plante. Hierdie plante in inheems van Amerika, Mexiko, Argentinië en ook in dele van die Karibiese lande. In 1860 was daar reeds 183 spesies van hierdie plante geïdentifiseer deur Heinrich Wilhelm Scott wat dit weer in 28 seksies gedeel het maar in 1905 is dit weer gedeel in 18 seksies.

Anthuriums word meestal as ‘n potplant vir binnenshuis gekweek. In koeler gebiede word dit as landskappeerplante geplant. Anthuriums groei redelik maklik in goed gedreineerde grond. Plant hul liefs in skadu of binnenshuis. Hul aard nie in direkte sonlig nie. Indien u hulle in potte gaan plant, gebruik helfte potgrond en die ander helfte orgideë grond en voedsel.

Indien hulle buite geplant word, moet dit in skadu wees en ons moet onthou dat hulle nie daarvan hou om voortdurend in nat grond te groei nie.  Gee dit egter gereeld water maar wees versigtig om dit nie in damme water te laat staan nie. Gee net water wanneer u sien die grond is nou droog.  Dit is baie vatbaar vir vrot word om die wortels van die plante. Indien dit in potte geplant word, wees versigtig dat hul nie geheel en al uitdroog voordat hul weer water kry nie, dit sal veroorsaak dat die groei belemmer word.

Anthuriums hoef nie baie gevoed te word nie. Voeg net met ‘n kwart sterkte kunsmis so elke 4 maande.  Om die mooiste blomme te verkry, voed met ‘n kunsmis hoog in fosfaat. Dit blom ook vir lang tye en daar is die mooiste kleure deesdae by kwekerye te sien.

Die plante het ronde blink blomme wat soos leer of plastiek lyk. Blomme verskyn aan die bopunt van lang dun stingels.  Die blare van die Anthuriums is klein maar dig opmekaar. Daar is ook verskeie blomvorms te sien.  Daar is ook Anthuriums wat rankplante is. Anthuriums groei van saad of deur die plante te verdeel.

Kom ons gaan koop ‘n Anthurium in die kleur van elkeen se keuse. Tuiniers u gaan verras wees om al die nuwe kleure te aanskou. Gaan geniet dit by u naaste tuinsentrum of kwekery.

Mag u ‘n blomryke geseënde Kersdag geniet en geniet u tuin tot volgende keer