ANC leierskap word warm

dlamini-zuma-en-ramaphosaDit blyk dat Cyril Ramaphosa en Nkosazana Dlamini-Zuma die twee kandidate gaan wees wat tydens die ANC se 54ste nasionale verkiesingskonferensie in 2017 mekaar die stryd gaan aansê om die leierskap van die party en dus die land.

Ramaphosa het reeds aangetoon dat hy beskikbaar is om oor te neem by Zuma terwyl die “premiersliga”, ‘n groep gelei deur die premiers van Vrystaat, Wes-Transvaal en Oos-Transvaal, reeds aangetoon het dat ‘n vrouepresident die aangewese skuif mag wees.

Die drieparty alliansie van die SAKP, die ANC en Cosatu is ook nie eenstemmig oor hul kandidaat nie en voeg hierby die ANC Vroueliga asook die ANC Jeugliga en ‘n groot geveg is op hande. Die Jeugliga is die jongste groep wat sy steun gegee het vir Dlamini-Zuma.

Dlamini-Zuma het uiteraard die ondersteuning van haar vorige eggenoot en die Zuma aanhangers.  Sou sy verkies word sal sy haar gewese man uit die tronk kan hou weens sy manewales.