Aktivis sit Kersfees in die tronk

bonginkosi-khanyileDie Natalse Hooggeregshof, by monde van regter Chili, het ‘n vroeëre bevel van ‘n landdros bevestig dat geen borgtog aan Bonginkosi Khanyile toegestaan mag word nie.

Dit beteken dat die aktivis sy Kersfees op staatskoste sal deurbring.

Van sy ondersteuners het buite die hof betoog na die uitspraak en onlustepolisie moes ingryp om orde te herstel.

Hy staar verskeie aanklagte in die gesig, soos openbare geweld, saakbeskadiging en aanhitsing tot geweld, nadat hy een van die voorbokke was by die sogenaamde “feesmustfall”-veldtog, wat hy gelei het by die Durbanse Universiteit vir Tegnologie.

Hy is reeds sedert 27 September in aanhouding.