Zuma bang vir die tronk

tronk-traliesDie ANC-staatshoof, Jacob Zuma, besef skynbaar baie goed dat hy hom aan die verkeerde kant van die gereg bevind, en daarvoor vervolg gaan word.

Volgens mediaberigte het Zuma aan die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC gesê: “Ek sal nooit bedank nie, want as ek dit doen sal dit wees asof ek myself uitlewer aan die vyand en daar is mense wat my in die tronk wil sit”.

Hierdie uitlating word gesien as ‘n onbetwyfelbare erkenning van skuld.

Zuma het intussen na Kuba vertrek om Fidel Castro se begrafnis by te woon. Siniese waarnemers het aanbeveel dat hy dalk aansoek moet doen om asiel doen terwyl hy daar is.