VN bekommerd oor Aleppo stad

Die Verenigde Nasies (VN) is bekommerd dat die stad Aleppo moontlik teen die einde van die jaar so geruïneer is in lugaanvalle dat die oostelike deel van die stad uitgewis is.

Die oostelike deel van die stad, wat deur Islamitiese Staat terroriste beheer word, huisves sowat 230,000 burgerlikes wat onder die moeilikste omstandighede in die gebied is.

’n Afvaardiging onder leiding van Staffan de Mistura van die Verenigde Nasies het ’n besoek gebring aan die gebied en het sy ernstige kommer uitgespreek oor die voortbestaan van die oostelike gebied van Aleppo.

Hy sê as die lugaanvalle en bombardering van die gebied voortgaan soos wat tans die geval is, sal die hele oostelike deel van die stad in puin le teen die einde van die jaar.

Waarnemers sê die situasie in Sirië sal nie maklik opgelos word deur onderhandelings nie, aangesien die land se regering die Islamitiese Staat en die Siriese rebelle as terreurgroepe beskou, en derhalwe as vyandelike magte behandel word.

President Bashar al-Assad tree genadeloos op teen die rebelle asook die IS terreurgroep, en word deur Rusland ondersteun.

Hierteenoor ondersteun Amerika die Siriese rebelle in ’n poging om die regering van Assad omvêr te gooi.