Vir die dames – Konsertina aartappels

Desembervakansie is op hande en ons gaan braai en wat gaan ons saam met ons braaivleis eet? Kom probeer gerus hierdie heerlike konsertina aartappels, dit is anders as al die ander gewone aartappelslaaie. Die kuiergaste gaan heerlik smul aan hierdie gereg.

 

Bestanddele:

6 middelslag aartappels

Olyfolie

Sout en gemaalde peper

125 ml vars room

60 ml water

1 wiel fetakaas baie fyn gekrummel

4 knoffelhuisies fyngekap

45 ml vars pietersielie fyngekap

 

Metode:

Verhit die oond tot 180º C.

Sny elke aartappel met ‘n skerp mes in fyn skyfies, maar moet dit nie heeltemal deursny nie.

Pak die aartappels in ‘n gesmeerde oondvaste bak en bedruip die aartappels met olyfolie.

Geur met sout en peper.

Bak vir 45 minute totdat die aartappels amper sag is

Meng die room, water en fyngekapte knoffel, pietersielie en gekrummelde fetakaas saam.

Skep egalig oor die aartappels met ‘n lepel en maak seker dat die vloeistof so bietjie tussen die skyfies aartappels inloop.

Bak verder vir nog omtrent 30 minute totdat die roommengsel ‘n dik sous gemaak het en die aartappels heeltemal sag is.

 

Hierdie resep lewer 6 porsies.

Indien u groter aartappels gebruik, sal die bakproses bietjie langer duur.