Verwoede aanvalle teen Siriese rebelle

z-420Die Siriese rebelle wat deur die VSA ondersteun word in hulle stryd teen die regering van die land, het vernietigende aanvalle probeer weerstaan wat in Aleppo uitgevoer is.

Die regeringsoldate het met ondersteuning van die Russiese lugmag, verwoesting gesaai in die noordoostelike gebied van die stad waar die rebellemagte in beheer was.

Die waarnemers van die Siriese Menseregte Organisasie het bevestig dat die aanvalle ’n “vernietigende uitwerking” gehad het op die rebellemagte sowel as om Islamitiese Staat vestings in die ooste van Aleppo.

Die soldate het ook twee nabygeleë dorpe herower met behulp van die Koerdiese vegters wat ’n verbete stryd voer teen die IS terroriste.

Volgens waarnemers het die rebelle gister meer as 70% van hulle gebied in Aleppo verloor wat hulle vir vier jaar lank beset het.

Etlike duisende inwoners kon daarin slaag om uit die noordoostelike gebiede te vlug waar hulle nie onderwerp word aan lugaanvalle nie.