Sondagmiddag lekkerny

Wat is daar saam met koffie vir Sondagmiddag? Kom ons maak gou hierdie maklike suurlemoentert. Dis vinnig en nooit ‘n mislukking nie.

 

Bestanddele:

1 blikkie kondensmelk

½ kop suurlemoensap

500 ml langlewe room

1 pakkie tennisbeskuitjies

 

Metode:

Klits die room en kondensmelk saam.

Voeg die suurlemoensap by en klop tot styf.

Voer ‘n tertbak uit met tennisbekuitjies en gooi die vulsel in.

Laat  koud word in yskas en sprinkel dan fyngedrukte tennisbeskuitjies oor.

 

Sny en genietvinnige-suurlemoentert