Smullekker nagereg

sjokolade-mousseBederf die huismense in hierdie hitte met yskoue sjokolade mousse nagereg bedien in glasies.

 

Bestanddele:

200 gr donker sjokolade

150 gr malvalekkers

1 blikkie Idealmelk (oornag in yskas)

Kersies, peppermint crisp sjokolade, vars aarbeie

 

Metode:

Smelt die donker sjokolade in glasbak in mikrogolf

Smelt die malvalekkers in mikrogolf en roer kort-kort

Klits yskoue Idealmelk tot styf

Vou al die bestanddele (behalwe kersies, peppermint crisp en aarbeie) bymekaar in en gooi in verskillende mooi ronde glasies en plaas in yskas om te stol

Plaas bo-op: kersies, of peppermint crisp fyngebreek, of vars aarbeie met mintblaartjies en bedien

 

Geniet u nagereg