Rosberg word Formule 1 kampioen

z-83Alle pogings van Lewis Hamilton om die wedren vir Nico Rosberg moeilik te maak, het klaaglik misluk, en het die Duitser uiteindelik tweede geëindig in die finale wedren in Abu Dhabi.

Hamilton het gedurende die hele wedren voor gebly en soms stadiger gery sodat die ander renjaers nader aan Rosberg kom en sy wedren bemoeilik.

Maar die 31-jarige Rosberg het getoon dat hy dit verdien om wêreldkampioen te word en het sy plek in die tweede posisie behou tot by die geruite vlag.

Vir Rosberg, wat voor is op die totaal in punte, moes hy net sorg om in een van die drie voorste plekke te eindig, wat hy inderdaad met swier en vernuf gedoen het en daarmee die ietwat verwaande Hamilton die loef afgesteek.

Nico is die seun van die voormalige wêreldkampioen, Keke Rosberg, wat vir baie jare aan Formule 1 wedrenne deelgeneem het om uiteindelik ’n wêreldkampioen te word.