Openbare Beskermer ‘n Zuma maatjie?

Die nuut verkose Openbare Beskermer (OB), ene Busisiwe Mkhwebane, het volgens media berigte ‘n kriminele klag teen haar voorganger Thuli Madonsela gelê wat verband hou met die verspreiding van ‘n opname van Jacob Zuma en haarself tydens haar staatskaping ondersoek. 

Madonsela het die misstap erken maar gemeld dat die waarheid moes seëvier rondom Zuma se ontkenning dat hy nie ‘n kans gehad het om sy kant van die storie te vertel nie.

Intussen het Vytjie Mentoor die OB gedagvaar oor Mkhwebane se beweerde uitlatings en haar as ‘n leuenaar afgemaak.

Politieke ontleders vra of die nuwe OB na Jacob Zuma se pype wil dans.

Madonsela het verskeie toekenning oorsee en in die land ontvang vir haar onverskrokke optrede teen wetsoortreders, wat die land se president ingesluit het.

Foto – Busisiwe Mkhwebane,