Landbouweekblad in spervuur

landbouweekbladDie linkse mediagroep, Media 24, se landboutydskrif, Landbouweekblad, het onlangs onder vuur gekom nadat die besturende redakteur, Albertus van Wyk, op Twitter verwys het na  mense wat ongelukkig is oor die EFF lede wat pres. Paul Kruger standbeeld met petrolbomme bestook het, en na “white trash” verwys het.

Die redaksie en die tydskrif het intussen verskoning gevra vir enige aanstoot wat gegee kon word deur van Wyk se uitlatings.

Dit neem egter nie weg dat die boeregemeenskap goed behoorlik warm onder die boordjie is oor die opmerking, en ‘n aantal het selfs ‘n boikotaksie begin teen Landbouweekblad.

Nadat Sparrow en andere gekruisig en beboet is oor opmerkings teen nie-blankes, word met belangstelling afgewag wat gaan hier gebeur waar die blanke gemeenskap beledig is.