Kom doodstraf terug?

Krete van “Weg met Zuma” en “Bring terug die doodstraf”  het die jongste tyd byna ewe veel weergalm in die strate en die media.

Politieke ontleders se dit is snaaks genoeg dat die krete met dieselfde intensiteit onder wit en swart, in sjebiens en luukse klubs gehoor word. 

Die doodstraf is in 1995 deur die Konstitusionele Hof afgeskaf en die gevolge kan dalk in misdaad statistiek gesien word. 

In 38 van die Afrika Unie se 54 lidlande word die doodstraf toepas waarvan Lesotho, Swaziland, Zimbabwe en Botswana deel is.

Laasgenoemde twee lande pas die doodstraf baie streng toe en die interessante is dat al die nasies ‘n laer kwota het van geweldsmisdade . 

Die Instituut van Rasse Verhoudings het die naweek ‘n verslag die lig laat sien wat die afskaffing van die doodstraf bevraagteken, gesien in die lig van die bykans 500 000 moorde in die land sedert 1994.

Tans word meer as 40 moorde per dag in Suid-Afrika gepleeg, wat die land van die gevaarlikste plekke maak waarin gewoon word.