Jakopregop plante / Zinnia

Jakopregop of Zinnia, dit is so bekend en so pragtig wanneer dit in massas aangeplant word. Die mees kleurvolste en vriendelikste blomme in die tuin. Jakopregops is baie goeie tuinplante en aard oral in die tuin.

Jakopregop is in die familie Asteraceae en die genus is Zinnia en die rang is Aterales. Dit is ouwêreldse sjarme hierdie. Plant ‘n bedding vol jakopregops en jy is sommer terug in ouma se tuin. Jakopregop groei maklik van saad of plantjies en dit is sterk plante en gaan nie sommer maklik dood nie. Hulle saai hulself ook weer en wanneer die seisoen verby is, sal daar weer nuwe plantjies opkom waar die voriges gestaan het.

Jakopregop plante gorie maklik is vinnig en hou van warm, droë klimate met baie son. Hoe meer son hoe mooier blom hulle. Saai die sad in vroegsomer direk in die bedding. Dun hulle later uit om goeie groot plante te verkry. Jakopregop plante sal nie in koue of heeltemal skadukolle groei nie. Dit maak gewoonlik “langbene” en blom ook nie.

Saai die saad in goed dreinerende grond. Hou die plante goed nat in droë tye. In rypgebiede moet u nie saai alvorens u seker is dit gaan nie meer ryp nie. Hulle groei ook nie goed in warm, vogtige klimate nie. Hoewel hierdie plante goeie groeiers is, is hulle baie vatbar vir skimmel. Om dit te voorkom, probeer om nie die blare te laat in die middag nat te laat word nie. Sny gereeld die dooie blomme uit om te verseker dat dit sommer vir lang tye gaan blom.. Wanneer die groeityd verby is en die plante begin doodgaan, los ‘n paar blomme om saad te maak en oes dan genoeg vir volgende seisoen.

Tuiniers, geniet u tuin en die mooi grasperk onder die koeltebome.