Fillon is Franse Republikeinse kandidaat

Die Franse Republikeine het in die afgelope naweek se stemming hulle steun aan François Fillon gegee om as presidentskandidaat teen die Sosialiste en die Front Nasionaal te staan in die 2017 presidentsverkiesing.

Met byna 80% van die stemme reeds getel, het Fillon 67% van die stemme getrek teenoor Alain Juppé se 33%.

Fillon word beskou as een van die mees konserwatiewe Republikeine in Frankryk en die verwagtinge is dat hy groot steun sal kry wanneer die stryd begin in die presidentsverkiesing se veldtog.

Politieke ontleders meen die stryd om president te word in Frankryk sal hierdie keer hewiger as voorheen wees met die opkoms van Marine Le Pen se Front Nasionaal wat een van die sterkste partye in die land geword het.

Fillon het na die uitslag bekend geword het van die Republikeine se stemming, gesê hy het nou ’n plig om al die Franse se vertroue te wen om dan die volk se selfvertroue en trots te hervestig.

Foto – François Fillon