Durban benodig R 6,3 biljoen vir Spele

Die komitee wat die bod hanteer vir die 2022 Gemenebes Spele kort nog R6,3 miljoen in waarborge om hul bod vir aanbieding van die spele te bevestig.

Waarnemers wys daarop dat dit ‘n herhaling van die 2010 wêreldbeker sokker toernooi is wat gelei het tot die vermorsing van miljoene rand op stadions wat tans leeg staan.

Die stadions is ‘n las is op die munisipaliteite en die gewone belastingbetaler.  Die komitee het tyd tot 30 November 2016 om die geld te kry.

Suid Afrika of te wel Durban is die bod toegeken nadat die enigste teenstander Edmonton hul bod onttrek het.

Die spele het lankal reeds sy glorie verloor en toeskouer getalle het in so ‘n mate afgeneem dat stede nie meer belangstel om dit aan te bied nie. 

Foto – Stadion in Durban