Zuma sonder kommer in die buiteland

zuma-2ANC-staatshoof Jacob Zuma het aan die buitelandse hoofde van die diplomatieke diens gesê dat diplomate oorsee nie bekommerd moet wees oor die situasie in SA nie.

Indien hul navrae ontvang oor die toestand van die land, en veral die studente onrus, moet hul sê dat demokrasie besig is om “volwasse” te word.  Hy reken dat die vrese wat bestaan dat die land besig is om te verval, nie waar is nie en dat alles goed gaan in die land.

Intussen word Zuma sterk gekritiseer omdat hy meer in die buiteland is as in sy eie land. Sover hierdie jaar was hy al 75 dae in die buiteland, terwyl sy finansminister aangekla word, universiteite afgebrand word en die land se ekonomie beweeg na rommelstatus.  Ontleders sê dis geen wonder dat hy in ‘n droomland leef nie, want hy is nie in die land om te weet wat werklik aangaan nie, en dan gee hy misleidende inligting aan sy diplomate.