Zambië soek SA boere

Die droogte wat sedert 2013 die grootste deel van die Afrika kontinent geteister het, is een van die redes waarom die Zambiese regering nou kliphard planne beraam om Suid-Afrikaanse landbouers te lok om daar te gaan boer.

Die land het besef dat voedselsekerheid een van die belangrikste middele is om ’n land staande te hou in tyd van ernstige droogtes.

Om boere uit Suid-Afrika te lok, verg egter meer as wat Afrika tot nou toe kon bied, en is boere geneig om eerder in ander wêrelddele soos Georgië te gaan belê waar langtermyn sekerheid gebied word deur ’n landbou vriendelike owerheid.

Om egter die boere te lok, is Zambië besig met die opgradering van sy infrastruktuur,  waarvan paaie, lughawens, spoorweglyne nou voorkeur geniet.

Meer as 7,500 km grondpaaie is in proses om geteer te word, waarvan bykans die helfte reeds voltooi is.

Die Zambiese Minister in Lusaka, Japhen Mwakalombe, het glo reeds by verskeie strukture van georganiseerde landbou in Suid-Afrika aangeklop in ’n poging om belangstelling te kweek.

Die land is ’n uitstekende landbou gebied, en verskeie booere het hulle reeds daar gevestig terwyl ander deels daar boer sonder om hulle grond in Suid-Afrika te verwaarloos.

Die land is ook met ’n elektriese kragnetwerk besig, en wil dit sodanig uitbrei dat hulle krag kan verkoop aan buurlande.

Die onsekerheid wat deur die land se regering veroorsaak is onder boere, het hulle met nuwe oë laat kyk na ander Afrikalande wat op die oomblik baie entoesiasties is om die Suid-Afrikaanse boere te trek.

Foto – Minister Japhen Mwakalombe