Wits studente kom nie ooreenkoms na

Die toegewings van die bestuur van die Wits-universiteit, was uiteindelik futiel, want studente het die naweek weer moles gemaak, binne en buite die kampus.

Verlede week het die universiteitsbestuur hulleself uitgespreek ten gunste van gratis onderrig vir studente, en polities korrek saamgestem dat die universiteitsleerplanne meer gedekoloniseer moet word. Die studente sou ook ‘n span van 20 aanwys om met die universiteitsbestuur te gaan gesels. Daar het ook dadels van gekom.

Vrydagaand het die studente weer hulle vandalistiese betogings voortgesit. Hulle het begin om klippe te gooi en hulle het na bewering ook petrolbomme na vir gassilinders gegooi, skynbaar in die hoop om ‘n besondere vuurwerkvertoning aan die gang te kry. Hulle was weer in die strate van Braamfontein.

Die verduideliking en moontlike aksieplan vir die pad vorentoe deur die bestuur van Wits, word nou met belangstelling afgewag.img-20161014-wa0011