Wat eet ons vanaand saam met ons braaivleis?

Hier volg ‘n maklike en vinnige botterskorsie gereg wat gerus probeer kan word in die plek van die gewone aartappelgeregte. Dis veral heerlik saam met biefstuk.

Pikante geroosterde botterskorsie, patat en uie:

geroosterde-botterskorsieBestanddele:

500 gr botterskorsie in blokkies gesny

500 gr patat in blokkies gesny

250 gr gehalveerde uitjies (veral rooi baba uitjies)

250 ml gekoopte heuning en mosterdsous

45 ml olyfolie

5 ml gedroogde brandrissie (opsioneel)

Sout en gemaalde swart peper na smaak

100 gr Feta kaas

Vars koljanderblare

 

Metode:

Verhit die oond tot 200ºC

Plaas die botterskorsie blokkies, patat blokkies en uitjies in ‘n bak.

Voeg die heuning mosterd sous, sout en peper, olyfolie en brandrissie by en roer goed deur die groente.

Skep in gesmeerde oondpan en rooster vir 45 – 60 minute totdat dit sag is.

Krummel die feta kaas bo-oor en strooi die vars koljanderblaartjies bo-op.

 

Geniet u biefstuk hierdie naweek.