Wat eet ons vanaand?

Hier volg ‘n vinnige ete vir Saterdagmiddag of Sondagaand. Dit kan sommer in ‘n japtrap voorberei word en gewoonlik het ons die bestanddele in die yskas en groenterak.

 

Spekrol:

spekrolBestanddele:

1 pak klaar bereide blaardeeg

1 pakkie spek, gesnipper

125 gr sampioene gesnipper

½ groen soetrissie gesnipper

3 tot 4 snye ham in repies gesny

1 wiel fetakaas

 

Metode:

Baai die spek, sampioene en soetrissie saam tot gaar en voeg die hamrepies by.

Rol bereide blaardeeg bietjie dunner uit en smeer die spekmengsel oor die deeg.

Krummel die fetakaas oor die mengsel en rol die deeg op soos vir ‘n rolkoek.

Sny ligte sny oor die bokant van die deeg maar moet dit nie deursny nie, anders kook die vulsel uit.

Plaas op gesmeerde bakplaat en smeer bo-oor met bietjie melk.

Bak vir 45 minute by 180º.

 

Geniet die ligte ete.