VSA wil geheime agente inspan teen IS

Amerikaanse weermaglede in Irak en Sirie wil glo met geheime agente operasies uitvoer om leiersfigure van die Islamitiese Staat (IS) uit te skakel.

Die VSA meen dat die uitskakeling van terroriste leiers sal die terreuraanvalle in Amerika en Europa dramaties afneem.

Die Amerikaanse Minister van Verdediging, Ash Carter, het tydens sy besoek aan die noordelike gebiede van Irak, gesê die spesiale kommando’s sal ingerig word om die taak uit te voer.

Tot hede is dit onbekend of die Amerikaanse elite-eenheid, die Delta Force aangewend sal word om die operasies uit te voer nie, en kenners sê dit is ook onduidelik of die eenheid reeds in die Midde-Ooste ontplooi is.

Die minister het gesê Amerika sal terroriste om die lewe bring wat verantwoordelik is vir terreuraanvalle op onskuldige mense in die VSA en ander lande van die wêreld.