Vlaandere streef na onafhanklikheid

z-13Die Nuwe Vlaamse Alliansie (N-VA) sal met Vlaams Belang saamwerk om die Vlaamse onafhanklikheid op te eis.

As dit van die N-VA voorsitter, Peter De Roover afhang, is dit nie uitgesluit dat so ’n stap gevolg kan word nie, blyk dit uit ’n debat wat gevoer is van die Vlaamse Volksbeweging (VVB).

Tydens die debat het verskeie vrae uit die gehoor na vore gekom, en is gesê dat wanneer N-VA ’n moontlike 40% steun kon kry, en die Vlaams Belang ’n verdere 11% sal die twee gesamentlik kon beding vir Vlaandere se onafhanklikheid.

De Roover het beklemtoon dat enige proses wat na vryheid sou lei, streng volgens demokratiese beginsels gevolg sal word.

Opnames wat onlangs gemaak is, toon egter dat die twee instansies se gesamentlike steun slegs 35,9% is, wat beteken dat daar nog ’n groot stryd gevoer moet word.

Foto – Peter De Roover