Venezuela wil president hof toe vat

z-56Uit Venezuela se hoofstad Caracas word berig dat die regsverteenwoordigers van die opposisieparty se lede dit oorweeg om die land se president hof toe te sleep omdat hy ’n kaping uitgevoer het deur nie ’n referendum te hou nie.

In die parlement van Venezuela het die opposisieparty se leiers bekend gemaak dat hulle die land se president onder kruisverhoor gaan plaas in die hof omdat hy die demokratiese proses van die land verkrag.

Alhoewel meningsvormers in die land nie oortuig is dat dit ’n suksesvolle oefening sal wees met die gewenste uitwerking nie, glo hulle wel dat dit die oë van die wêreld opnuut sal vestig op die diktatoriale mag wat deur die omstrede president toegepas word.

Intussen het die hof uitspraak gelewer oor opposisielede wat “stemme gekoop het” om teen die president te stem, wat die opposisielede in ’n swak lig stel en word hulle beskuldig van oneerlike praktyke.

Foto – Nicolás Maduro