Universiteite se realiteit

Vir die eerste keer kom die waarheid uit. Meer as 1 miljoen studente word gehuisves maar weinig slaag of voltooi hul kursusse. 

Dit aldus Pali Lehohla. die statistiek-generaal van SA. 

Hy meld dat die 26 universiteite slegs 500 000 studente kan hanteer maar in 2016 is 985,212 studente geregistreer. 

Volgens hom is die tersiêre stelsel “ hardlywig en oneffektief”. 

Hierdie bevindings is volgens Statistiek SA se verslag rakende klasgelde by universiteite. 

Opvoedkundiges sê glo dat hardlywigheid seker nie ‘n rede vir anargie en brandstigting is nie.

Miljoene Rand se skade is deur studente veroorsaak wat argiewe en biblioteke vernietig het in verskeie brande wat hulle tydens die getoi-toi gestig het.