Universiteite geprivatiseer?

studente‘n Onderwyskenner het vir die eerste keer die kern van die onderwyskrisis aangeraak toe hy  ‘n oproep gedoen het aan studente, hul ouers en kerkleiers dat hul die gevolge van hul anargie moet besef.

Jan Publiek betaal deur sy belastinggeld vir onderwys van die massas en ontvang weinig terug aldus Douglas Gibson.  Volgens Gibson is die oplossing geleë in privatisering van alle onderwys.  Hy sê dat as mense nie tevrede is met die mediese behandeling by staatshospitale nie, betaal hulle duisende rande aan mediese fondse. Netso moet ouers verantwoordelikheid aanvaar vir die opvoeding van hul kinders om standaarde te verseker.