Trump-span erken agterstand

z-39Die leiers in die Trump-kamp het erken dat hulle ’n agterstand het in die veldtog om as Amerikaanse president verkies te word op 8 November vanjaar.

Met net twee weke oor voor die verkiesing, is beide kandidate en hulle spanne besig om ondersteuning te werf in die minder belangrike deelstate.

Kellyanne Conway, die hoof van die Donald Trump veldtog, sê alhoewel hulle ’n agterstand het, hoop hulle om dit in die volgende twee weke om te draai na ’n wen-situasie.

Hy het gesê die grootste rede is die feit dat die Clinton kamp oor miljoene dollar beskik om advertensieveldtogte aan te gaan wat die Trump-veldtog oorheers.

Die ABC Nuusagentskap het in die afgelope naweek se peiling, Hillary Clinton ’n 12% voorsprong gegee, maar kenners sê die Amerikaanse meningspeilings is uiters onbetroubaar en enige iets kan gebeur op 8 November.