Talle dood in terreuraanval by polisiekollege

z-71Gewapende terroriste het Dinsdagaand ’n polisie opleidingsentrum in Pakistan aangeval en minstens 57 studente gedood en talle gewond.

Die polisie opleidingsentrum wat geleë is in Quetta in die suidweste van Pakistan, is verras toe die aanval kort voor middernag uitgevoer is.

Die opleidingsentrum huisves sowat 700 studente wat as polisiebeamptes opgelei word.

Die terroriste se beplanning was glo om minstens 250 studente te ontvoer en as gyselaars aan te hou.

Latere berigte lui dat benewens die 57 slagoffers ’n verdere 118 studente ernstig gewond is deur die bomme wat geplant is.