Slaai in die hitte

Wat eet ons vanaand in hierdie hitte? Kom ons maak sommer ‘n vinnige hoender en koeskoes slaai. Dit neem net 25 minute indien u reeds gaar hoenderborsies gereed het. Hierdie resep is voldoende vir 4 porsies.

 

Gerookte hoender en koeskoes slaai:

Bestanddele:

4 gerookte hoenderborsies

300 ml koeskoes

300 ml kookwater

5 ml sout

15 ml olyfolie

25 gr botter

250 ml kersietamaties

50 gr droë appelkose (of ingemaakte appelkooshelftes soveel as u smaak vereis)

‘n Handvol vars gekapte pietersielie en kruisement

Ekstra olyfolie vir nodig

 

Metode:

Sny die hoenderborsies in klein blokkies en plaas dit in ‘n groot slaaibak.

Maak die koeskoes volgens die aanwysings op die pakkie met sout en olyfolie aan en roer die botter deur.

Vlok die koeskoes en roer by die hoendervleisblokkies.

Halveer die tamaties en oer dit saam met die appelkose deur die koeskoes.

Geur na smaak en klam die slaai aan met nog bietjie olyfolie.

Strooi die pietersielie en kruisement oor en bedien.

 

Heerlik koel en sag op die tongkoeskoes-slaai-met-hoender