Sjina lanseer bemande ruimtetuig

z-33Sjina het twee ruimtevaarders op ’n ruimtesending gestuur as ’n eksperiment om ’n ruimtestasie te vestig wat dit die jongste projek maak van die land se ruimte program.

Die ruimte vaartuig Shenzhou 11 is Maandag vanaf die Jiuquan Satelliet Lanserring Sentrum wat  geleë is aan die kant van die Gobi woestyn in die noorde van die land.

Kort na die lansering suksesvol was, het die bevelvoerder, generaal Zhang Youxia gesê die lansering word as ’n reuse sukses verklaar, waarna die minister van verdediging, Fan Changlong, ’n boodskap van gelukwensing voorgelees het van die president, Xi Jinping.

Jing Haipeng onderneem sy derde ruimtevlug, en saam met hom is die 37-jarige Chen Dong wat vir ’n eerste keer die vlug meemaak.

Die twee sal vir 30 dae in ruimte sweef, maar sal binne die eerste twee dae hulle tuig op koppel met die Tiangong 2 ruimte-laboratorium wat  verlede maand lanseer is.

Sjina beplan om teen 2020 ’n permanente stasie in die ruimte te vestig wat voltyds beman sal word, en wil teen dieselfde jaar nog ’n bemande tog na Mars aanpak.

Foto – Jing Haipeng (R) en Chen Dong