Personeel kla oor veiligheid

swart-personeelDie “Concerned Black Staff” groep by Wits het in ‘n memorandum aan die universiteitsowerheid gesê dat hul bekommerd is oor hul veiligheid en dat hul soos misdadigers behandel word.

Die groep wat ook vra vir gedekoloniseerde onderwys, is bekommerd oor die toename in geweld en voel die kampus word gemilitariseer.

Waarnemers het hulle verbasing uitgespreek oor hulle klagte en sê dit kan vertolk word as dat die groep eerder vernietiging van eiendom sal wil sien as dat daar rus en vrede op die kampus moet wees.  As die visekanselier Habib die polisie en sekuriteitspersoneel sou onttrek, sal daarmee die studente hul sin kry en kan hulle die plek afbrand en afbreek.  Dan sal die bekommerde personeel gewaarborg sonder werk sit.