Oorlog misdade deur VSA gesteun?

Kort nadat ’n begrafnis gehou is van ’n paar honderd mense wat omgekom het in bomaanvalle wat deur Saoedi-Arabie se vegvliegtuie uitgevoer is, het ’n moniteerder gesê die aanvalle is beslis gelykstaande aan oorlog misdade.

Die fluitjieblasers sê die opvallende daarvan is dat Amerika die Saoedi-Arabiese aanvalle gesteun het.

Die regering van Saoedi-Arabië is uitgevoer in Jemen gedurende 2015, en duisende onskuldige mense is in die aanvalle gedood en miljoene moes vlug en elders ’n heenkome probeer vind.

Waarnemers sê daar is bykans geen mediaberig geplaas oor die onreg wat in Jemen gepleeg is deur Saoedi-Arabië nie, en niks is geopper oor die vuil metodes wat toegepas is in die oorlog nie.

In een van die aanvalle het Saoedi-Arabië se vegvliegtuie verskeie missiele afgevuur na ’n gebou waarin meer as ’n 1,000 mense was, en meer as die helfte gedood is.

Die ontleders sê die Amerikaanse regering het geswyg oor die aanvalle, en dit maak hulle medepligtig aangesien hulle baie gou was om in ander lande uit te wys hoe oorlogsmisdade gepleeg word.

Die argument word verder gevoer met die siening dat die VSA geen woord daaroor rep nie omdat dit sy handel met Saoedi-Arabië kan benadeel.

Foto – Barack Obama en koning Abdullah