Nuusflitse – 27 Oktober

Kaapstad

Betogende studente by die parlement het die strate van Kaapstad ingevaar na polisie hul met skokgranate uitmekaar gejaag het.  Plaveisel stene is uitgeruk en na polisie gegooi en vullisdromme is omgekeer en aan die brand gesteek.  Motors, polisie voertuie en besighede is beskadig deur die amok makers.  Intussen het die geweld by Wits voortgegaan te midde van meer veiligheid personeel wat ontplooi is op die kampus.

 

Grondbesetters maak amok

Plaas besetters wat afgesit is van grond wat hul onwettig beset het, het die N4 naby Sun City geblokkeer en ‘n trok aan die brand gesteek.  Twee voertuie is ook beskadig nadat motoriste met klippe bestook is.