Nog ‘n branstofprysverhoging

petrolstasieDie prys van brandstof gaan op 2 November 2016 weer styg.

Volgens die AA het die verlaging in produksie deur die olieproduserende lande daartoe gelei dat oliepryse begin styg het en sodoende meewerk tot ‘n styging in brandstofpryse. Daarbenewens bly die rand onbestendig.

Die voorspelling is tans dat petrol met 48 sent, diesel met 64 sent en lampolie met 57 sent gaan styg.

Hierdie styging sal ‘n direkte impak hê op voedselpryse en boere sal veral hard getref word in die komende plantseisoen wat op hande is nadat die eerste reën begin val het.