Naweeklekkerny saam met koffie

Die naweek is voor die deur en wat is daar wat ons saam met ons koffie kan geniet? Kom ons maak gou hierdie heerlike vinnige sjokolade roomtert, dis so maklik en vingerlek lekker.

 

Sjokolade roomtert met malvalekkers:

Bestanddele:

 

Vir die kors het u nodig 1 pakkie (200 gr) Romany Creams koekies fyngerol.

75 gr botter gesmelt

Meng dit alles met mekaar en druk vas in ‘n foeliepannetjie en verkoel in die yskas tot vulsel gereed is.

 

Vir die vulsel:

150 gr malvalekkers

250 ml volroommelk

250 ml vars room

200 gr blok melksjokolade

1 flake sjokolade om oor te krummel

 

Metode:

Verhit die melk in ‘n kastrol en voeg die malvalekkers daarin en roer oor matige hitte tot dit gesmelt het.

Voeg die 200 gr melksjokolade by die warm mengsel en roer totdat dit alles glad en romerig is.

Laat dit nou afkoel.

Klits die room styf en vou by die afgekoelde malvalekkermengsel in en meng goed deur.

Gooi in die vulsel en laat afkoel tot gestol.

Strooi die gekrummelde flake oor.

 

Sny, eet en genietsjokolde-room-tert