Natal personeel gewaarsku

vusumuzi-nzamaPersoneel by die Natalse onderwysdepartement wat nie hul pligte nakom nie sal voortaan tot verantwoording geroep word.

Dit is die belofte van die nuwe hoof van die departement, Vusumuzi Nzama.

Volgens Nzama is daar ‘n klomp persone wat nie hul werk verrig nie en wat lei tot “massiewe foute” met interne beheer en kontrole. Vermorsing van fondse en ongekontroleerde uitgawes sal nagegaan word.  Tyd sal leer of die departement se werksvermoë sal verbeter.