Mosoel word tweede Aleppo

z-67Die Amerikaans geleide internasionale koalisie weermag wat veg teen die Islamitiese Staat in Irak, is besig om die bevryding van die stad Mosoel te bombardeer soos wat Rusland Aleppo bevry het.

Die sukses wat reeds bereik is deur Koerdiese soldate, is nie voldoende om die Islamitiese Staat (IS) uit die tweede grootste stad in Irak te verdryf nie.

Koalisiemagte het derhalwe besluit om lugaanvalle uit te voer in die gebiede waar die terroriste hulle bevind.

Waarnemers wys daarop dat die stad met sy meer as 1,5 miljoen inwoners nou onderwerp word aan lugaanvalle wat die dood van baie burgerlikes veroorsaak.

Amerika het skerp kritiek gelewer oor die Russe se vernietigende aanvalle op terroriste vestings in die Siriese stad Aleppo, maar soortgelyke optrede word glo nou in Mosoel gevolg onder die VSA leierskap.

Alhoewel derduisende inwoners van Mosoel uit die stad gevlug het, sê die Amerikaanse gesaghebbendes dat hulle die stad gaan bevry deur hewige bomaanvalle uit te voer wat minstens ’n miljoen mense blootstel aan die bomaanvalle.

Volgens ’n woordvoerder van die koalisiemagte is 32 aanvalle reeds uitgevoer wat 136 stellings van die terroriste vernietig het, asook 18 ontsnap tonnels het in die slag gebly.

Woordvoerders van Irak sê baie burgerlikes is gedood omdat hulle nie uit die gebied kon padgee nie aangesien die IS terroriste hulle gevange hou.

Ash Carter van die Amerikaanse Pentagon het tydens sy besoek in Irak gesê dit is nodig dat ’n soortgelyke aanval in die IS terroriste se verklaarde “hoofstad” Raqqa, in Sirië, uitgevoer word.

Die stryd in Mosoel kan egter nog lank duur voordat die sowat 6 000 IS terroriste verslaan is.