Luiheid kos Natal R 407 miljoen

Die meer as R 407,8 miljoen se ongemagtigde uitgawes van die Natalse Departement van Vervoer word toegeskryf aan luiheid, sinlose vergaderings, tyd spandeer op sosiale media en werkers wat laat opdaag vir werk. 

Dit aldus die LUK Mxolisi Kaunda.

Daar was blykbaar pogings om meer as R 400 miljoen se uitgawes te versteek maar is deur die ouditeur-generaal tydens sy ondersoek opgespoor. 

Die departement staar verder R 150 miljoen se regs-eise in die gesig en het gefaal om R 600 miljoen se uitstaande boetes in te vorder.

Kaunda beskryf sy onderdane as mense wat op vakansie is terwyl hul werk. Geen kontrole bestaan om werkers te monitor wanneer hul aanmeld en of hul wel hul werk doen nie. 

Foto – Mxolisi Kaunda.