Kuberkrakers vrees die waarheid

z-42Die Vryburger het weer deurgeloop onder die argwaan van linkses wat die koerant gekaap het sodat duisende lesers nie toegang kon kry sedert Dinsdagoggend nie.

In gesprekke wat deur die redaksie en bestuurslede gevoer is, was daar eenstemmigheid dat Die Vryburger inligting verskaf waarvan die liberaliste nie hou nie, want dit benadeel hulle saak om die volk op te klits in die nuwe nasie.

Die tegniese span het met moeite en ure se werk, daarin geslaag om die geliefde koerant terug te kry sodat lesers hulle op hoogte kon bring van die nuus wat saak maak.

Te midde van die gebeure, bestaan daar rede tot kommer, maar die redaksie is dit eens dat die koerant soos in die verlede, onwrikbaar sal voortgaan op die weg wat tot hede gevolg is.

Ons maak verskoning aan al ons lesers vir die ongerief wat veroorsaak is deur die liberales, en wil die versekering gee dat alles moontlik gedoen word om soortgelyke gebeure te voorkom, alhoewel dit bekend is dat daar nie werklik ’n metode bestaan om kuberkrakers se onwettige handeling te verhoed nie.

Dit is egter duidelik dat die kuberkrakers die waarheid vrees, want watter ander rede kan daar wees wat hulle dryf om die waarheid te weerhou van die lesers?