Kerk kritiseer konserwatiewe kandidaat

Die protestantse, en konserwatiewe presidentskandidaat in Oostenryk,  Norbert Hofer is deur die protestantse kerk in die land gekritiseer oor sy inskrywing op verkiesingsplakate.

Die Kerk het selfs in ’n verklaring gesê dat Hofer ook nie moet staatmaak op die ondersteuning van die lidmate nie.

Die presidentskandidaat, Norbert Hofer, is oor die vingers getik omdat sy verkiesingsplakkaat ondermeer die inskrywing “So help my God” bevat.

Volgens die Kerk druis die inskrywing direk in teen die kerk se standpunt asook teen die van die Christendom.

Die Europese lande is sterk gekant teen Hofer wens sy behoudende lewensuitkyk, en word hy verguis in die liberale media omdat hy heelwaarskynlik tot president verkies sal word.

In ’n vorige verkiesing het hy naelskraap verloor teen die sosialiste se kandidaat, maar die verkiesing is nietig verklaar nadat vasgestel is dat die linkses met posstemme geknoei het.

’n Woordvoerder van die konserwatiewe party in Oostenryk wys daarop dat die kritiek geen invloed sal uitoefen op die kiesers se besluite nie, veral omdat die inskrywing, “So help my God” deel is van die eed wat mense neem.

Foto – Norbert Hofer