Irak: Word IS terroriste uitgewis?

z-52Die stryd teen Islamitiese Staat (IS) in Irak het reeds begin deur sowat 90 000 soldate van die koalisiemagte wat die 7 000 terroriste in Mosoel wil verslaan.

Die reuse aanslag het begin om die tweede grootste stad in Irak, met sy 1,5 miljoen inwoners, te bevry van terroriste oorheersing.

Die terroriste wat reeds swaar verliese gely het in nege van die omliggende dorpe, het ook groot dele van die grondgebied verloor wat tot nou toe onder hulle beheer was.

Die Koerdiese mag van die Koerdiese deelstaat in Irak het op die eerste dag van aanvalle op die terroriste, meer as 200 vierkante kilometer grond herower, en ’n onbekende aantal IS vegters gedood.

Terreur deskundiges sê die aanvalle teen die IS terroriste het nou begin maar kan selfs maande duur voordat ’n oorwinning bereik word.

In 2014 verower die IS terroriste Mosoel, en die leier,  Abu Bakr al-Baghdadi, verklaar die gebied as ’n “Islamitiese Staat”.

Kort daarna verower die terroriste ook die Siriese stad Raqqa, en word dit ook as hoof vesting van die terroriste verklaar.

Alhoewel daar meningsverskil bestaan oor die voortgang van die terroriste wanneer Mosoel bevry is, blyk dit dat die terroriste beweging nie maklik uitgeroei gaan word nie.

Regerings regoor die wêreld sal hulle moet posisioneer om die geringste moontlikheid van terroriste bedrywighede is die land, onverwyld vas te vat met ferm optrede.

Die moontlikheid bestaan dat kleiner groepe terroriste kan “verhuis” na Europa sodra hulle te veel nederlae gehad het in die Midde-Oosterse lande.

Intussen is dit moontlik dat die gevegte in Mosoel tot dieselfde ellende kan lei as wat in die Siriese stad, Aleppo ervaar word waar duisende mense sonder water, kos en medikasie moet klaarkom nadat honderde burgerlikes ook omgekom en beseer is.