Internasionale Nuusflitse – 26 Oktober

Nuusflitse-4Wêreld

Terwyl die wêreldleiers planne beraam om lugbesoedeling te verminder, het die Internasionale moniteerder bevind dat die besoedeling met koolstofdioksied nog nooit so hoog was as wat dit vanjaar is nie.

 

Samsung

Honderde eienaars in Noord-Korea van die Samsung Galaxy 7 slimfoon dreig om die maatskappy te dagvaar omdat hulle benadeel word weens die besit van ’n foon wat ook gevaarlik kan wees.

 

Irak

Die parlement van Irak het ’n verbod geplaas op die vervaardiging, invoer en verkoop van alkoholiese drank, en kry hewige kritiek van die Christelike kerke in die land oor die besluit.

 

Europa

Die polisie in die Europese lande is bedrywiger as ooit tevore en die hooftema van hulle werksaamhede is om onwettige immigrante, wat ook terroriste is, te identifiseer, op te spoor en te deporteer, en dit kos die Europese belastingbetalers miljarde euro.