HNP gaan nuwe bedeling bespreek

Die Alternatief vir die huidige bedeling.

Dit is die tema van die Herstigte Nasionale Party se 47ste Jaarkongres wat eerskomende naweek in Pretoria plaasvind.

Die kongres vind Saterdag plaas in die saal van die Erika Volkspelelaer, HF Verwoerdrylaan 321, Gezina, Pretoria en begin om 08:30

Mnr. Peet Joubert, die party se voorsitter, sal sy jaarverslag lewer, waarna die Willie Marais Wisseltrofee oorhandig sal word.

Daar sal ‘n leiersverkiesing plaasvind, waartydens ‘n hoofleier en twee onderleiers verkies sal word. Na sy verkiesing sal die nuutverkose leier die kongres toespreek.

Daarna sal de kongres in diepte die kongrestema bespreek, en besin oor wat die werkbare alternatief is vir die huidige politieke bedeling, wat vir die Afrikaner onaanvaarbaar is, en hoe om by so ’n nuwe bedeling uit te kom.

adries-breytenbach-2Foto: Die huidige leier van die HNP, mnr. Andries Breytenbach