Gemmer, merkwaardige plant en spesery wat ons almal ken

gemmer-plantAlmal van ons gebruik gemmer nogal gereeld. Dis so veelsydig en word oral in die wêreld gebruik as spesery en ook as ‘n plant in die tuin of potte. Gemmerplante is in die familie Zingiberaceae en die rang is Zingiberales en die spesie is Z.officinale. Die botaniese naam is Zingiber officinale.

Gemmerplante groei van ‘n gemmerwortel en ‘n lang sterk stingel groei direk uit hierdie wortel bokant die grond. Die stingel laat mens aan riete dink. Gemmer, borrie en kardamom behoort aan dieselfde familie. Gemmer kom oorspronklik van die tropiese reënwoude in Suid-Asië. Die grootste verbruikers van gemmer was die Romeine.

Gemmerplante produseer trosse wit/pienk en geel/pienk ritse blomme wat aan die bokant van die lang stingel groei. Dit groei baie goed in warm tropiese klimate en word ook in die tropiese gebiede as ornamentele plante geplant. Dit is ‘n meerjarige rietagtige plant met lang gepunte blare. Die blare wil ons amper aan mielieblare laat dink.

Gemmer skei ‘n warm aromatiese geur af en mens ruik sommer speserye indien dit gebruik word in gebak, koeldranke en om mee te kook. Dit kan in kookwater getrek word om ‘n tee te maak en ons ken almal tuisgemaakte gemmerbier.

Volwasse gemmerwortel is baie veselagtig en omtrent droog. Jong gemmerwortel is sappig en vlesig en hul is nie so sterk geurig soos volwasse gemmerwortel nie. In Japan word gemmerwortel soos piekels ingelê. Ons ken dit meestal gerasper in kerriegeregte en oosterse kosdisse. Gemmer het groot medisinale waarde en help vir naarheid, verkoues, en vele meer kwale. In sekere lande gebruik ook die vars blare van die gemmerplant in hulle geregte.

Die 100 gram fyn gemmer is die algemeenste vorm van gebruik in gebak. Gemmer veroorsaak oor die algemeen geen allergiese reaksies nie. Onthou egter altyd dat u u geneesheer moet raadpleeg alvorens u enige kruie en speserye as medikasie wil gebruik.  Gemmer bevat baie vitamiene en minerale wat goed is vir ons gesondh

Gemmerplante is ongelukkig geneig om slordig te raak omdat hulle so hoog groei en die stingels is swaar en val om en breek af. Dit vertoon egter mooi en kan in potte geplant word en dit verkies vol son en warm vogtige klimate.

Tuiniers, geniet u tuin en mag u mildelike reën ontvang indien dit nog nie by u gereën het nie.