Eskom weer in die nuus

windkragopwekkersDie SA Wind Energie Assosiasie (SAWEA) het ‘n amptelike klag by Nersa gelê teen Eskom. SAWEA beweer dat Eskom sy posisie misbruik om sodoende sy eie beleggings by nuwe ontwikkelings te beskerm.

Eskom weier klaarblyklik om kragopwekking te diversifiseer wat ‘n direkte impak het op die windenergie opwekking van krag.

Intussen is die regering ook weer onder skoot oor sy kernkrag program.  Ten spyte van baie besware, gaan die betrokke minister voort met die omstrede projek. Die gevoel is dat daar ander moontlikhede is vir kragopwekking wat goedkoper kan wees. Eskom klou egter aan sy monopolie met kragvoorsiening.