Een plaasmoord, verskeie plaasaanvalle

‘n Boplaasmoorde-2er is op sy plaas in Malmesbury in die Wes-Kaap op sy plaas vermoor.

Die 58-jarige mnr. Neil Greyling van die plaas Highflyer Stud Farm, is dood nadat hy deur terroriste met ‘n mes in die hart gesteek is.  Die plaas is geleë tussen Malmesbury en Atlantis.

Lt.kol. Andrè Traut van die polisie in die Wes-Kaap, het bevestig dat die moord omstreeks 20:40 op 13 Oktober plaasgevind het. Hy sê dat mnr. Greyling se vrou en nog ’n man het beserings opgedoen en is na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

Die verdagtes het met huishoudelike artikels die hasepad gekies. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Mev. Greyling is intussen uit die hospitaal ontslaan.

Die uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, mnr. Carl Opperman, sê hy is geskok om van so ’n misdaad te hoor. Hy het ’n beroep op alle boere gedoen om hul veiligheid op die plase te alle tye eerste te stel.  Hy het bygevoeg dat hoewel plaasaanvalle en plaasmoorde relatief selde in die Wes-Kaap voorkom, daar die laaste tyd ’n toename in vee-, koper- en vrugtediefstal op plase voorkom.

Daar was nog verskeie plaasaanvalle.

Volgens berigte was daar ongeveer drie uur die oggend ‘n aanval op ‘n plaas tussen Meyerton en Heidelberg, waarby ses swartes na bewering betrokke was. Hulle het die boer met ‘n byl op sy kop gekap en het gedreig om sy dogter te verkrag. Die terroriste het ‘n groot bedrag kontant gesteel en met die boer se bakkie gevlug. Die bakkie is later teruggekry en die aanvallers het te voet na ‘n plakkerskamp gevlug waar hulle weggeraak het in die menigte.

Tussen Vivo en Louis Trichardt het die wakker plaaswag sewe gewapende terroriste gevang wat volgens inligting van ‘n plaaswerker, op pad was na ‘n boer se plaas met onedele motiewe. Vuurwapens en byle is in hulle besit gevind.