Duitsland soek nuwe president

Die Sosiaal Demokratiese party het hulle ten gunste van die Minister van Buitelandse Sake, Minister Steinmeier, uitgespreek as die volgende president van Duitsland.

Die regerende koalisie van Bondskanselier Angela Merkel het intussen ’n ander siening, maar het minstens ’n onderlinge ooreenkoms aangegaan om gesamentlik te kyk na ’n moontlike kandidaat.

Die Christen Demokrate (CDU) van kanselier Merkel en haar Bavaria vennoot, die Christen Sosiale Unie (CSU) het ooreengekom om teen die einde van Oktober gesamentlik te kyk na ’n geskikte presidentskandidaat.

Maar om iemand in die plek van die uittredende Duitse president, Joachim Gauck, te kies is geen maklike taak nie.

President Gauck het vroeër aangekondig dat hy nie vir ’n tweede termyn beskikbaar is nie weens swak gesondheid.

Foto –  Minister Frank-Walter Steinmeier