Deutsche Bank onttrek uit VSA

z-23Verslae wat vrygestel is, bevat aanbevelings dat die finansiële krisis waarin Deutsche Bank tans verkeer, hulle sal dwing om besparingsmaatreëls in te stel wat onder meer ook kan beteken die onttrekking uit Amerika.

Die verslag bevat ook aanbevelings dat die bank sy belange verminder in die VSA ten einde die betalings te ontmoet van sy verband verpligtinge.

Die Duitse koerant, “Die Welt” het die afgelope naweek berig dat die bank moontlik gedwing sal word om sy aktiwiteite in die VSA in te kort as deel van die ooreenkoms met die Amerikaanse Departement van Justisie.

Deutsche Bank is glo verlede maand deur die VSA se Departement van Justisie aangesê om $14 biljoen op te dok om verbandlenings te sekureer.

Die bank moes glo reeds teen die einde van Junie sowat $6 biljoen daarvan beskikbaar gestel het.

Onlangs het leiers van groot sakeondernemings in Duitsland besluit dat hulle aandele in die bank sal uitneem om die instelling van ondergang te red as dit nodig word.

Volgens vrygestelde gegewens het die bank 46% van sy markwaarde verloor die afgelope jaar.