Colombia weermag dood rebelle leier

z-63Terwyl die president van Colombia wêreldwyd geloof word vir sy vredesonderhandelings met die Marxistiese rebelle in die land om die 52 jaar van konflik te beëindig, het die weermag in ’n operasie teen die linkse National Liberation Army (ELN), die leier gedood.

Die minder bekende ELN rebelle, wat hoofsaaklik uit verlinkse swartmense bestaan, voer reeds vir dekades ’n stryd teen die weermag van die land.

Benewens die dood van die leier, is minstens vier ander senior lede van die groep in hegtenis geneem, slegs enkele dae voordat die geskeduleerde vredesonderhandeling hervat word.

Die ander rebelle groep, die Marxistiese FARC, waarmee ’n skietstilstand ooreenkoms bestaan, het sy onderneming tot hede gestand gedoen en maak glo gereed om die onderhandelings voort te sit.

In ’n verklaring se die minister van verdediging dat veiligheidsmagte afgekom het op materiaal, plofstof, kommunikasie toerusting, en inligtingstukke wat ’n bedreiging inhou vir die mense van die land, wat alles in die vestings van die ELN terroriste gevind is.

Die operasie was ten doel om die finansiële vermoë van die rebellegroep te verpletter aangesien hulle boere se produkte opeis en plase beset terwyl vervoer maatskappye se voertuie gekaap word.

Later het die minister bevestig dat nog 24 rebelle gevange geneem is.